Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Bekende sportfotograaf sterf

$
0
0
Duif du Toit. Foto: @Gallo_Sport / Twitter.

Duif du Toit. Foto: @Gallo_Sport / Twitter.

Huldeblyke stroom in vir die sportfotograaf Duif du Toit wat Donderdag in die ouderdom van 57 dood is ná ʼn kort siekbed.

Du Toit het vermoedelik gesterf het weens orgaanversaking. Gallo Images, vir wie hy gewerk het, het bevestig dat hy ná ʼn baie kort siekbed oorlede is.

Hy het in 2006 by Gallo Images aangesluit en het voorheen vir The Star en Touchline Media gewerk.

Du Toit was ʼn bekroonde krieketfotograaf en was ook gereeld op sy pos langs rugbyvelde regoor die land.

Hy laat sy vrou en seun agter.

Krieket Suid-Afrika, sportminister Fikile Mbalula, Bakkies Botha en die Nasionale Persklub is van die vele mense en organisasies wat huldeblyke op sosiale media aan hom opgedra het.



Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images