Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Miljoene rande se perlemoen verlate gevind

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Perlemoen ter waarde van sowat R2,5 miljoen is Vrydag in die Kaapse Skiereiland in ʼn verlate voertuig gevind.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Maitland-blitspatrollie het ʼn voertuig sien jaag op Baden Powellweg naby Muizenberg in die vroeë oggendure.

“Die polisie het besluit om die verdagte voertuig agterna te sit en het dit gevolg tot by die N2 Gateway-nedersetting in Delft, waar hulle dit uit die oog verloor het,” het Rwexana gesê. “Die voertuig is later verlate gevind met onoopgemaakte perlemoen in sewe sakke gepak. Die geraamde waarde van die perlemoen is R2,5 miljoen.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621