Pres. Jacob Zuma het laat Dinsdagaand ʼn verrassende skuif in sy kabinet aangekondig.
Ngoako Ramatlhodi, minister van minerale hulpbronne, is die nuwe minister van staatsdiens en administrasie. Hy vervang Collins Chabane wat in Maart in ʼn motorongeluk dood is. Die relatief onbekende Vrystaatse LP, Mosebenzi Zwane, sal Ramathlodi in dié portefeulje vervang.
Ramathlodi was aan die hoof van minerale hulpbronne tydens ʼn skerp daling in die Suid-Afrikaanse mynbedryf toe kommoditeitpryse gebuk gegaan het onder die vertraging van die Chinese ekonomie.
Zwane was die provinsiale LUR vir ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake.