Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Bondeltjie vreugde vir Nicholis Louw

$
0
0
Nicholis Louw en sy vrou Denise (Foto: Facebook)

Nicholis Louw en sy vrou Denise (Foto: Facebook)

Die sanger Nicholis Louw het Dinsdagaand op sosiale media groot nuus met sy aanhangers gedeel.

“Ons is uiteindelik gereed om die fantastiese nuus met die wêreld te deel,” skryf hy. “Ons Engeltjie is 20 Augustus 2015 op 31 weke gebore, ‘n hele nege weke vroeër as wat ons verwag het.”

Volgens Nicholis wou hy en sy vrou Denise die nuus eers stil hou. “Eerstens om onsself tyd te gee om te ‘settle’, en sodat ons al ons vrye tyd en aandag aan haar kan spandeer, veral in die tyd wat sy in die hospitaal in die waakeenheid was. Maar op ons knieë dank ons die Here dat Baba en Mamma albei 100% gesond en sterk is.”

Die dogtertjie, Mianè, is uiteindelik nou by die huis. “Geen woorde kan die emosies beskryf wat ons as ouers ervaar nie. Pappa en Mamma se Mianètjie is so, SO welkom in ons lewe en in die wêreld!”

Nicholis en Denise is op 12 Julie 2014 in De Wildt naby Hartbeespoortdam, Noordwes, getroud.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!