Zuma se kantoor het in ʼn verklaring gesê Zuma het hoofregter Mogoeng Mogoeng gevra om die lys wat voorgelê is deur ʼn keuringspaneel, waarvan Mogoeng die voorsitter is, te laat hersien.
“Waarnemende speaker, mnr Lechesa Tsenoli, het die president in kennis gestel die nasionale vergadering het besluit om nie ʼn kandidaat voor te stel om deur die president aangestel te word nie, omdat die lys nie genoeg keuse bied met betrekking tot ras en geslag soos deur die Grondwet vereis nie,” het Zuma se kantoor gesê.
“Die lys van kandidate wat aan die nasionale vergadering deur die keuringspaneel voorgelê is, bestaan uit agt name, waarvan sewe swart mans en vroue is en een ʼn wit vrou.”
Die pos by die OVK het vakant geraak nadat Raenette Taljaard in Februarie vanjaar uit haar pos as kommissaris bedank het.