
‘n Polisiebeampte begelei verkeer in Santiago na die aardbewing. Foto: AP Photo/Luis Hidalgo
Volgens berigte is tot vyf mense moontlik in die aardbewing dood en was daar glo verskeie naskokke. Die aardbewing het sowat 55 km van die kusgebied van Illapel plaasgevind. Dit is 280 km noord van die hoofstad Santiago. Die lughawe in Santiago is ontruim.
’n Tsoenami-waarskuwing is vir die hele Stille Oseaan uitgereik. Die Chileense minister van binnelandse sake het onmiddellik beveel dat die kusgebied ontruim word. Volgens berigte het nagenoeg een miljoen mense reeds hul huise verlaat.