
Argieffoto
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is in die Madadeni-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Volgens Zwane het die verkragting in 2013 in die Osizweni-gebied plaasgevind. Die meisie het saam met vriende gespeel toe sy deur die man geroep en in ʼn toilet verkrag is. Die man het vir haar R1 gegee en haar laat belowe dat sy niemand van die verkragting sal vertel nie.
Zwane het gesê die meisie se ma het haar later die aand gebad en gesien sy het beserings waarna die meisie haar ma van die verkragting vertel het.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geloof vir die ondersoek wat tot die suksesvolle vervolging van die verkragter gelei het.