Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Danie Bester aangewys as Maroela Media se Bioskoop-boffin

$
0
0
Danie Bester ontvang die Bioskoop-boffin-toekenning van Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media

Danie Bester ontvang die Bioskoop-boffin-toekenning van Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media

Danie Bester, vervaardiger en skrywer, is Saterdag tydens Maroela Media se Buitebioskoop-geleentheid by die Botaniese Tuin in Pretoria vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf.

Hy spog nou met die titel, “Bioskoop-boffin”.

“Ek het regtig nie verwag om vanaand ‘n toekenning te wen nie,” het Danie verbaas gesê. Ek het net gekom om fliek te kyk!”

Danie se naam is welbekend in die Afrikaanse rolprentbedryf en hy het reeds nagenoeg 19 Afrikaanse rolprente vervaardig. Sommige van hierdie rolprente was van die grootste flieks in die plaaslike bedryf en het telkens ʼn nuwe standaard gestel soos Bakgat, Wolwedans in die Skemer, Pad na jou hart en Ballade vir ʼn Enkeling.

Leon van Nierop het tydens die oorhandiging daarop gewys dat Danie met sy 2007-fliek, Ouma se slimkind, verantwoordelik was vir ʼn heropstanding van die Afrikaanse filmbedryf. “Danie Bester is die beste moderne rolprentvervaardiger op die oomblik met sy stewige filmgeletterdheid, stewige kop vir geld en aanvoeling vir wat op die silwerdoek werk,” het Leon gesê.

Na Ouma se slimkind het Danie die tienermark betree met Bakgat wat ook twee opvolgflieks gehad het. In 2011 pak hy Roepman aan en in 2012 Wolwedans in die skemer. Kort daarna het Verraaiers op die grootskerm verskyn.

Meer onlangs was Danie ook vervaardiger van die uiters suksesvolle Pad na jou hart met Donnalee Roberts en Ivan Botha. Dié fliek was ʼn kommersiële sukses weens die uitstaande gehalte. Danie, Donnalee en Ivan het intussen reeds weer kragte saamgespan vir ʼn nuwe fliek, Vir altyd, wat vroeg volgende jaar by die loket begin. (Loer gerus na ‘n kort lokprent van dié fliek onderaan die foto’s.)
Die pragtige Maroela Media-toekenning wat Danie Bester as Bioskoop-boffin ontvang het Leon van Nierop en Danie Bester op 12 September 2015 by die Botaniese Tuin in Pretoria tydens Maroela Media se Buitebioskoop Leon van Nierop en Danie Bester op 12 September 2015 by die Botaniese Tuin in Pretoria tydens Maroela Media se Buitebioskoop Danie Bester ontvang die Bioskoop-boffin-toekenning van Susan Lombaard, besturende direkteur van Maroela Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!