Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA en ANC stamp koppe oor Colenso-kragstasie

$
0
0
Die oorspronklike Colenso-kragstasie wat in 1984 buite diens gestel is. Foto: SA Travel Directory

Die oorspronklike Colenso-kragstasie wat in 1984 buite diens gestel is. Foto: SA Travel Directory

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê Chancellor House, die ANC se beleggingsmaatskappy, moet dadelik onttrek uit die beplande belegging van R18 miljard vir die Colenso-kragstasie.

Gordan Mackay, DA-LP, het ná mediaberigte dat Chancellor House ʼn aandeelhouer in die Colenso-steenkoolkragprojek is, gesê hy gaan Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, versoek om dadelik te onttrek uit die belegging.

Mackay het gesê die ANC het voordeel getrek uit ʼn ander inisiatief om die land se energiekrisis op te los. Chancellor House het ʼn 25%-aandeel in Hitachi Power Africa wat ʼn R38.5 miljard-kontrak het om stoomketels aan die Medupi- en Kusile-kragstasies te verskaf.

“Zweli Mkhize doen nie sy woord gestand ná sy openbare uitlatings verlede jaar toe hy aangevoer het Chancellor House sal nie enige direkte regeringskontrakte bekom nie en sal ook alle botsings van belange vermy,” het hy gesê.

Die Colenso-steenkoolstasie op die oewer van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal sal na verwagting meer as 1 000 MW krag aan die nasionale netwerk verskaf. Die oorspronklike stasie is in 1984 buite diens gestel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!