Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Aurora-direkteure binnekort gesekwestreer

$
0
0
Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het vandag Solly en Fazel Bhana se aansoek om appèl oor die vroeëre uitspraak dat hulle aanspreeklik is vir R35 miljoen in die Aurora-saga, van die hand gewys.

In die appèl-aansoek het die paar reeds aangedui dat nie hulle, of hul familie finansieel in staat is om die geld te betaal nie en hulle sal gevolglik binnekort gesekwestreer word.

“Geregtigheid het vandag vir honderde Aurora-werknemers geskied en hierdie uitspraak is ’n aanduiding dat ander betrokkenes by hierdie saak nie van die reg kan skuil nie,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit gesê.

Lees alle vorige berigte oor Aurora op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images