Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Boetie en sussie kritiek ná huisbrand; ‘My pa het hul lewens gered’

$
0
0

WAARSKUWING: Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Jayden en Katelint Da Costa voor die brand. Foto: Facebook

Jayden en Katelint Da Costa voor die brand. Foto: Facebook

ʼn Babaseuntjie en sy agtjarige sussie veg om hul lewe in ʼn Limpopo-hospitaal nadat hulle ernstige brandwonde opgedoen het toe hul huis in ʼn brand verwoes is.

Jayden (1) en Katelint (8) da Costa is albei ernstig beseer toe hul ouerhuis in Ellisras deur vlamme verswelg is. Sibreena, Jayden en Katelint se ma, het aan Maroela Media gesê haar kinders is albei tans in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van die Makweng-hospitaal in Polokwane.

“Dit gaan glad nie goed met Katelint nie. Die dokter het vir my gesê haar toestand is absoluut kritiek. Sy kan nie self asemhaal nie en haar niere gee ook probleme. Dit gaan nie goed nie,” het Sibreena gesê. Jayden se toestand is meer stabiel as Katelint s’n omdat hy minder brandwonde opgedoen het. Albei kinders word egter onder verdowing gehou.

Katelint Da Costa. Foto: Facebook

Katelint Da Costa. Foto: Facebook

Sibreena het gesê sy het die aand omstreeks 22:00 wakkergeskrik en gesien die kamer was aan die brand. “My verloofde, Johan, het ʼn venster gebreek en in die proses by die venster uitgeval. Ek het my driejarige seuntjie, Douw, wat na aan die deur was, gegryp en by die kamer uitgegooi, net om hom uit die vlamme te kry. Toe ek omdraai was die hele kamer in vlamme gehul. Ek kan dit nie vir jou beskryf nie. Die vuur het soos blits oor alles versprei.”

Sibreena se haar pa, José, het in die vlamme ingehardloop en Jayden gegryp en vir haar by die deur aangegee. Hy het daarna teruggehardloop om vir Katelint te kry en het met haar uit die brandende huis gehardloop. “Jayden se gesiggie en handjies het erg gebrand en Katelint is van kop tot tone gebrand,” het Sibreena gesê.

Sibreena het met haar kinders hospitaal toe gejaag en Johan en José is later met ʼn ambulans hospitaal toe geneem. Johan het brandwonde aan sy nek, arms en hande opgedoen, terwyl José se voete erg gebrand het. Albei word in die brandeenheid van die Makweng-hospitaal behandel.

Sibreena Da Costa met Jayden. Foto: Facebook

Sibreena Da Costa met Jayden. Foto: Facebook

“Ons het nie ʼn mediese fonds nie, so almal is later van die Mediclinic-hospitaal na die Makweng-hospitaal oorgeplaas,” het Sibreena gesê.

Die familie het ʼn trustfonds gestig om met die kinders se mediese onkoste te help. “Ek weet nie hoe lank hulle nog in die hospitaal sal moet bly of watter terapie hulle dalk later sal nodig hê nie,” het Sibreena gesê. “Dit is klaar ʼn wonderwerk dat my kinders leef. As dit nie vir my pa was nie, sou hulle nie meer by my gewees het nie. My pa het hul lewens gered.”

Sibreena se verloofde, Johan. Foto: Facebook José Da Costa. Foto: Facebook

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!