Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nuuskommentaar: Inploffing of ontploffing van transformasie

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Wanneer ’n mens ’n rasbenepe agenda bedryf, speel ’n mens met vuur. Die afgelope dae was die pers vol berigte en rubrieke oor hoe die term “transformasie” duidelik nie op ’n fatsoenlike spoor is nie, en as grondslag dien vir bykans enigiets – ook ’n aanslag teen Afrikaans en die Afrikaner. Kortom, rassehaat.

Die verloop is al te bekend. Die argitekte van die ou beleid van afsonderlike ontwikkeling se motiewe was (aanvanklik) so edel dat dit as humanisties en liberaal beskou is, ten minste in sommige kringe. Die argitekte daarvan se idee oor die afloop daarvan was ligjare verwyder van Vlakplaas en ander “neweprodukte” wat die hele stelsel gekontamineer het. Maar selfs al het vergrype nie die hele mandjie laat vrot word nie, die inspan van ras as kriterium sou gevoelens na die een en/of die ander kant seermaak.

Ras maak wel deel van die internasionale reg uit, maar in die sogenaamde negatiewe sin – jy mag nie teen iemand op grond van sy ras diskrimineer, hom aan volkmoord, haatspraak, en so meer onderwerp nie. Dit gaan nie oor positiewe regte soos regte om ’n staatkundige entiteit te skep nie. Daarvoor tree regte soos kultuurregte en taalregte in.

Maar in Suid-Afrika, soos al voorheen in hierdie rubriek en ook in ander rubrieke uitgewys, word taal- en kultuurregte ipso facto deur die ANC en ander (moedswillig) aan ras gelykgestel – ironies terwyl meer as die helfte van die Afrikaanssprekendes nie wit is nie.

Uit die jongste berigte en rubrieke is dit duidelik dat bitter min mense wat die woord “transformasie” inspan presies dieselfde betekenis daaraan heg. Dr. Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wys onder meer daarop dat dit in soveel gevalle ’n volmag vir teenwit-nasionalisme geword het. Hy skryf dat die idee so misbruik en verknoei is dat dit ’n aanstootlike begrip geword het.

Monde Makhanya skryf onder meer: “Die jonger sprekers en gehoorlede was luidrugtig oor die ongedane sake van die revolusie. Die sentiment is sterk uitgespreek dat Mandela in sy kompromie met wit mag ‘uitverkoop’ het.”

Transformasie het inderdaad vir baie al ’n vloekwoord geword. Vir ander bly dit ’n vrypas om die mees naakte vorm van ’n rasse-agenda te bedryf, en dan astrant die status van teen-rassisties te wil opeis.

Dien dit nog enige doel om te ontleed wat die oorspronklike en ware betekenis van transformasie was? Het die term nie daardie punt bereik wat apartheid bereik het waar gesê is apartheid kan nie meer reggemaak word nie, dit kan nog net vernietig word? Waar die oorspronklike bedoeling so irrelevant geword het weens misbruike dat die skade onomkeerbaar geword het?

Gaan ’n universiteit, soos die US, wat nou met die beste wil ter wêreld stappe doen om die suiwer bedoelde transformasiebestemming te bereik, op dieselfde plek aanland waar uiteenlopende groepe soos die ANC in die parlement, Open Stellenbosch en ander transformasiedrywers in gedagte het?

Of gaan ervaar word dat die doelpale weer verskuif is, en eintlik meer as een stel doelpale opgerig is, na gelang van wie dit oprig?

En dan die aljimmerende vraag: “Speel die Grondwet nie dalk ook ’n rol nie?”

Die Grondwet waarborg immers sekere regte.

Daardie regte word egter so gewantrou dat dit skynbaar onder transformasiedruk  moet swig.

Vandag dien Solidariteit ’n skaduverslag oor “regstellende aksie” by die VN in Genève in. Die skaduverslag het wye steun onder veral Afrikaanssprekendes ontlok. Gaan die verslag daarin slaag om ’n gewaarwording onder ander lande te wek dat transformasie in Suid-Afrika liederlik ontspoor het en ’n rassistiese vloekwoord geword het?

Tydens Sondagaand se uitsending van Kommentaar op RSG het ’n paneellid wat weens sy kopdoek bekendheid verwerf het, stoom afgeblaas oor diegene wat in werklikheid die regering van kwaadwilligheid beskuldig.

Maar vanoggend berig die media weer dat pres. Jacob Zuma apartheid en kolonialisme die skuld gee vir die hoë koers van moorde op polisielede.

Maar is daar nie ’n duideliker verband met ontspoorde transformasie nie – nie behoorlike keuring van rekrute nie, gebrekkige opleiding van polisielede wat kort-kort ’n voorsittende beampte laat oorkook en aanklaers met die hande in die hare laat, leierskap in die polisie wat op die oog af veel te wense oorlaat?


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!