Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Zuma: ‘Polisie sal versterk word om terug te baklei’

$
0
0

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê hy het opdrag gegee dat die polisie met die nodige toerusting en vaardighede toegerus word om misdaad te beveg, maar ook hulself te beskerm.

Zuma het tydens ʼn geleentheid ter herdenking van polisiebeamptes wat aan diens dood is by die Uniegebou in Pretoria gepraat. Vanjaar is altesaam 58 polisiebeamptes doodgemaak terwyl hulle aan diens was, van wie 19 in Gauteng.

Volgens Zuma is enige aanval op die polisie ook ʼn aanval op die regering en sy gesag. Hy het die versekering gegee dat die polisie “versterk” en maatreëls toegepas sal word wat onmiddellik van krag word en die polisie in staat sal stel om “met mag terug te baklei” wanneer hul lewe bedreig word.

“Terselfdertyd moet die polisie te alle tye binne die wet optree en uitermatige geweld vermy,” het hy bygevoeg.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!