
Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)
Die polisie in Motherwell in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van selfmoord en poging tot moord.
“ʼn Lid van die gemeenskap was Donderdag besig om sy vark te voer toe hy die liggaam van ʼn 35-jarige man aan ʼn elektriese spantoring sien hang het,” het ao Dumila Gwavu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar was nie ʼn selfmoordbrief nie.”
Een van die lede van die gemeenskap het die polisie na die man se huis gelei. “Die huis was met ʼn slot gesluit en die polisie moes ʼn venster oopmaak om toegang tot die huis te bekom,” het Gwavu bygevoeg. “Die polisie het ʼn vrou, wat ernstige gesigbeserings opgedoen het, in die huis gevind. Sy het steeds geleef en is na die Livingstone-hospitaal geneem.