Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Prasa neem OB-verslag ernstig op

$
0
0
Popo Molefe. Foto: whoswho.co.za

Popo Molefe. Foto: whoswho.co.za

Die Passasierspooragentskap (Prasa) se raad het onderneem om op te tree teen werknemers wat betrokke was by ongerymdhede wat onlangs in ʼn verslag van Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), aan die lig gekom het.

Popo Molefe, voorsitter van die Prasa-raad, het Donderdag in Pretoria aan joernaliste gesê die bestuur gaan moontlike regstappe doen om sommige van die geld wat wanbestee is, te verhaal en ook dissiplinêre stappe doen.

“Die raad het aan die waarnemende uitvoerende hoof [Nathi Khena] opdrag gegee om die nodige stappe te doen om al die tenders wat geïdentifiseer is of moontlik onbehoorlik en onwettig toegeken is, op te skort en met die betrokke partye te skakel,” het Molefe gesê.

Madonsela se verdoemende verslag, getiteld ‘Derailed’, het 32 klagtes teen Prasa ondersoek, waarvan die meeste van toepassing is op tenders wat onbehoorlik toegeken is ter waarde van nagenoeg R2,8 miljard. Altesaam 19 van die ondersoeke is gestaaf.

Ses bevindinge het Lucky Montana, geskorste uitvoerende hoof, direk betrek. Hy het intussen onderneem om die hof te nader om die inhoud van die verslag te betwis.

Madonsela het ook bevind dat onbehoorlike aanstellings gemaak is.

Molefe het gesê nog voordat die OB se verslag op 24 Augustus bekend gemaak is, het die raad opdrag gegee dat ʼn onafhanklike ondersoek, gelei deur Werksmans Attorneys, gedoen word om verskeie ongerymdhede wat in die ouditeur-generaal se voorlopige verslag geïdentifiseer is, te ondersoek.

Hy het gesê Prasa se interne ouditeur is opdrag gegee om alle betalings van meer as R10 miljoen te hersien wat sedert 1 April verlede jaar gemaak is om vir onreëlmatige, vermorste en vrugtelose uitgawes te soek. Die ouditeur moet ook alle toekomstige paaiemente van meer as R10 miljoen behoorlik nagaan.

Molefe het gesê dié stappe is alles deel darvan om dié semi-staatsinstelling op te ruim en “goeie korporatiewe bestuur te verbeter.”

Hy het bygevoeg dat Prasa besig is met die hersiening van alle werknemers se kwalifikasies. Dit volg nadat die agentskap se hoofingenieur, Daniel Mtimkulu, bedank het nadat hy erken het dat hy nie die kwalifikasie gehad het wat hy beweer het hy het nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Prasa op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!