Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste Pta-tiener gevind

$
0
0
Monica Gaus. Foto: Facebook

Monica Gaus. Foto: Facebook

Die 15-jarige meisie van Pretoria wat sedert Vrydag vermis was, is veilig terug by haar ouerhuis.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het Donderdagmiddag gesê Monica Gaus is gevind en aan haar ouers terugbesorg. “Die saak [van ontvoering] word steeds ondersoek. Niemand is in hierdie stadium aangekla nie. Die polisie sal sien wat die ondersoek oplewer,” het sy gesê.

Brits wou nie uitwei waar Monica gevind is of saam met wie sy was nie.

Monica het Vrydag verdwyn nadat ʼn wit Corsa-bakkie haar glo by haar huis in Môregloed opgelaai het. Sy het die dag by die huis gebly, omdat sy aan haar ouers gesê het dat sy siek voel. Toe haar ouers van die werk af terugkeer, was sy weg.

Ronnie Meyer, Monica se pa, het gesê hulle is baie verlig dat Monica terug is. “Sy is nou nog saam met haar ma by die polisiestasie, maar hulle behoort binnekort by die huis te wees,” het hy gesê. Meyer wou ook nie in hierdie stadium oor die omstandighede van Monica se verdwyning uitwei nie en het gesê hulle wil ook eers kyk wat die polisieondersoek oplewer.

Hy het wel bevestig dat hulle die man ken saam met wie Monica was en het gesê “die man moet nou kry wat hom toekom”.

Monica se ma, Debbie, het op Facebook gesê die gesin is al vir drie jaar “deur hel en terug met die man” en daar is ʼn moeilike pad wat vir hulle voorlê. “Ek is eerlikwaar uit my hart uit dankbaar vir elke mens wat gebid, bemoedig en help soek het. Dis ʼn hel wat niemand sal verstaan tot jy self daar was nie. Waardeer mekaar en jou kinders, want die nagmerrie gebeur in ʼn oogwink! Nogmaals eerlik uit my hart uit dankie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images

Trending Articles


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Bieg: Wie Alice is


Die beste tyd van my lewe


10 wenke vir ’n welige tuin


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


Die kuns van koeksisters bak


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


LêNet: 'n Onvergeetlike haarsny