Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Riah Phiyega nie geskors nie

$
0
0

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko, minister van polisie, het Woensdag in die parlement gesê Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, is nie geskors nie.

Nhleko wou nie uitwei oor Phiyega se toekoms nie. “Julle sal weet, net soos ek, dat die nasionale polisiekommissaris nie geskors is nie en dat enige besluite oor haar deur die president geneem word,” het Nhleko gesê. “Die proses word gereguleer deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens van 1995.”

Zuma het verlede maand aan Phiyega geskryf om haar ʼn kans te gee om te verduidelik hoekom sy nie geskors moet word nie hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na haar geskiktheid om haar amp te beklee. Dit was ʼn aanbeveling van die Farlam Kommissie van Ondersoek in verband met die gebeure by Marikana waartydens 34 mynwerkers deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Nhleko het intussen gesê planne word gereed gekry om seker te maak dat die Farlam-kommissie se ander aanbevelings uitgevoer word, waaronder die totstandkoming van ʼn paneel van kenners om die polisie te help om die manier te verander waarop hulle gewelddadige optogte hanteer.

Nhleko het gesê die paneel sal ná die samestelling daarvan 12 maande hê om sy werk te voltooi en ʼn verdere drie maande om ’n verslag vir die minister voor te berei. Nhleko het gesê die koste om die paneel saam te stel en hul ondersoek sal sowat 1% van die polisie se begroting van R76 miljard behels.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621