Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘US nie rassisties nie, maar ons het rassiste’

$
0
0
Verteenwoordigers van Universiteit Stellenbosch in die parlement voor die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding Foto: ANA

Verteenwoordigers van Universiteit Stellenbosch in die parlement voor die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding Foto: ANA

Die uittredende voorsitter van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aan die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag gesê die universiteit kan nie in sy geheel rassisties genoem word nie.

“Stellenbosch is nie rassisties nie, maar ons het rassiste,” het Stefan Lang in sy toespraak aan die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding, gesê.

Die universiteit en verskeie aandeelhouers, insluitend die VSR, moes voor die komitee verskyn om bewerings van rassisme by die universiteit te bespreek. Die bewerings het aan die lig gekom in ʼn dokumentêr genaamd Luister wat op YouTube gelaai is deur die studentebeweging, Open Stellenbosch.

Lang het gesê die VSR fokus daarop om diversiteit te vier. “Ons visie is om ʼn verwelkomingsetos te handhaaf en enigiets wat teenstrydig is daarmee, moet uitgeroei word,” het hy gesê. Hy het gesê alhoewel rassisme “onomwomde” teenwoordig is by die universiteit, “kruip dit in die hoeke weg”. Hy het gesê die universiteitsgemeenskap moet hard werk daaraan om diskriminasie aan te spreek.

Die nuwe VSR-voorsitter, Axolila Qina, het by Lang se versoek tot optrede aangesluit en gesê dit sal die kern vorm van die nuwe VSR se termyn. Hy het gesê dit is hoog tyd dat die universiteit sy gemeenskaplikheid, sy menslikheid, vier.

Lees alle vorige berigte oor Universiteit Stellenbosch op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!