Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die Esselen Park-stadion gebeur. Niemand is ernstig beseer nie, maar minstens 20 mense het ligte tot matige beserings opgedoen.
“Paramedici het dadelik ʼn nooddiensgebied opgerig van waar pasiënte behandel is. Nadat die beseerdes deur paramedici behandel is, is hulle na verskeie hospitale vervoer,” het Meiring gesê.
Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die pawiljoen inmekaar sak nie. Die voorval sal ondersoek word.