
Swazi-meisies tydens die Umhlanga-rietdans. Foto: Wikimedia
Volgens berigte is die meisies Vrydagaand met ʼn vragmotor vervoer om riete te gaan sny vir die Umhlanga-rietdans in Swaziland. Die vragmotor het glo teen ʼn motor gebots op die Mbabane-Manzini-hoofweg.
Eyewitness News berig dat die polisie en plaaslike media glo verbied is om oor die voorval te berig of inligting te verskaf. Lucky Lukhele van die Swaziland Solidarity Network het aan Eyewitness News gesê die dodetal gaan na verwagting styg.