Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Sakeman skiet homself glo in pa se spreekkamer

$
0
0

Henk Cronjé. Foto: Facebook

Henk Cronjé. Foto: Facebook

ʼn Bekende sakeman van Bloemfontein het homself glo in sy pa se spreekkamer by die Mediclinic Bloemfontein geskiet.

Amanda Appelgryn, hospitaalwoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig daar was ʼn skietvoorval in ’n private spreekkamer in die hospitaal. Sy kon geen verdere besonderhede bekend maak nie.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê die skietery het Vrydagoggend omstreeks 10:00 plaasgevind. “’n 40-jarige man het homself geskiet en is later dood.” Marope het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die oorledene is intussen geïdentifiseer as Henk Cronjé. Sy pa, Neil, het ʼn onkologie-praktyk by die hospitaal.

Grey-kollege het intussen op Facebook geskryf: “Ons innige simpatie met die afsterwe van oud-Grey, Henk Cronjé. Mag sy familie en vriende vertroosting vind in hierdie moeilike tyd.”

Volgens OFM was die pa en seun in ʼn hewige hofstryd gewikkel rakende ʼn bekende konferensie- en onthaalplek vir troues waarvan albei eienaars was.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!