Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Presidensie bevestig opening van wapenfabriek

$
0
0

ʼn Foto wat Mmusi Maimane op Twitter gedeel het van pres. Jacob Zuma by die amptelike opening van die wapenfabriek. Foto: Twitter

ʼn Foto wat Mmusi Maimane op Twitter gedeel het van pres. Jacob Zuma by die amptelike opening van die wapenfabriek. Foto: Twitter

Die presidensie het Vrydag bevestig dat Suid-Afrika se wapenvervaardiger Denel in samewerking met Saoedi-Arabië se militêrenywerheidskorporasie (Samic) ʼn wapenfabriek in die land geopen het wat glo bomme sal vervaardig.

Nuus oor die opening van die fabriek het aan die lig gekom nadat Defense News berig het dat Zuma saam met die adjunk-kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, die wapenfabriek se amptelike opening waargeneem het. Die fabriek sal glo onder meer mortiere en 2 000 pond-bomme wat deur vliegtuie gewerp word, vervaardig. Dié bomme sal grootliks deur Saoedi-Arabië se verdedigingsmagte gebruik word.

Kort nadat die nuus oor die wapenfabriek aan die lig gekom het, het Mmusi Maimane, die leier van die DA, ʼn foto op Twitter gedeel van Zuma by die amptelike opening van die fabriek.

Die presidensie wou aanvanklik nie oor die wapenfabriek kommentaar lewer nie, maar het Vrydag die nuus bevestig. “Pres. Zuma se besoek was met die oog daarop om Suid-Afrika se militêre verdedigingsbedryf te bevorder en samewerking in hierdie veld tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië te bevorder,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Majola het Zuma en die adjunk-kroonprins ʼn simboliese gedenkplaat by die wapenfabriek onthul, die personeel en die senior bestuur van Rheinmetall Denel Munition ontmoet, asook Suid-Afrikaanse kenners wat betrokke is by die fabriek. “Die besoek aan die fasiliteit was oop vir die media,” het Majola gesê.

Majola het vrae oor die spesifieke wapens wat vervaardig sal word, deur wie dit gebruik sal word en of die wapens uitgevoer sal word na Denel en Samic verwys.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging en militêre veterane, het Vrydag gesê die presidensie se “geheimsinnigheid” oor die wapenfabriek herinner aan die wapenskandaal van 1999. “Dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika ten koste van belastingbetalers projekte finansier om die Saoedi-Arabiese magte te versterk. Dit is moeilik om vas te stel hoe hierdie [onderneming] tot voordeel van ons ekonomie is, wat klaar swaar trek,” het Marais gesê.

“Die DA sal Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, versoek om ʼn ministeriële verklaring hieroor uit te reik. Na aanleiding van die geheimhouding en grootskaalse korrupsie rondom die 16 jaar lange wapentransaksie-sage is dit noodsaaklik dat minister Mapisa-Nqakula die parlement inlig oor die besonderhede rondom hierdie Saoedi-Arabië-ooreenkoms.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!