
Aedes aegypti-muskiet soos gesien deur ‘n mikroskoop by die Fiocruz-instituut in Recife, Brasilië. Foto: AP Photo/Felipe Dana, File
Dit veroorsaak onder meer dat babas met ongewoon klein koppies gebore word. Die navorsers van die Amerikaanse Centres for Disease Control and Prevention het ’n groot aantal gevallestudies, veral in Brasilië, gedoen asook deur talle verslae gewerk om tot hul gevolgtrekking te kom.
Dit is al ’n geruime tyd aanvaar dat die virus, wat seksueel en deur muskiete oorgedra word, die defekte veroorsaak, maar is nou eers afdoende bewys.
Intussen word die studie voortgesit om te bepaal of die virus nie in ander gevalle breindisfunksies veroorsaak wat eers op ’n later ouderdom waarneembaar is nie. Hulle is bekommerd dat die gevalle wat nou voorkom net die oortjies van die seekoei is.
Intussen het nog ’n Amerikaanse navorser gewaarsku dat die bedreiging van die Zika-virus vir die VSA onderskat is. “Elke aspek van die virus waarna ons kyk, blyk meer skrikwekkend te wees as wat ons aanvanklik gedink het,” aldus dr. Anne Schuchat van die Centres for Disease Control and Prevention tydens ’n voorligtingsessie by die Withuis.
Bronne: TheTelegraph, Rollingout
Lees alle vorige berigte oor die Zika-virus op Maroela Media.