Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Walus nie nou vrygelaat

$
0
0

Foto: ANA

Foto: ANA

Janusz Walus, die moordenaar van SAKP-leier Chris Hani, gaan nie nou op parool vrygelaat word nie, al het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag die minister van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

“Hy kan nie vrygelaat word nie voordat sy regsverteenwoordigers aansoek doen om sy vrylating ingevolge die Wet op Hoër Howe, wat onmiddellik en vanselfsprekend ʼn hofbevel opskort wanneer kennis gegee word van verlof tot appèl,” het Mthunzi Mhaga, die minister se woordvoerder, buite die hof aan verslaggewers gesê. “Ons het aan haar [regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen] aangedui dat ons na die appèlhof gaan appelleer, wat beteken hy kan nie vrygelaat word nie.”

Hani se weduwee, Limpho, het gesê die geveg om Walus agter tralies te hou sal voortgaan ondanks die hofuitspraak. “Sy [Van Nieuwenhuizen] is nie God nie. Daar is ander howe wat ons kan nader. Sover dit ons aangaan, het ons, as swart mense van die land, vandag gewen.”

Van Nieuwenhuizen het vroeër Donderdag die minister se aansoek met koste van die hand gewys.

Lees alle vorige berigte oor Janusz Walus op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!