
Argieffoto
Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 33-jarige het glo Maandag sy 28-jarige vriendin by sy ouerhuis in Maboloka buite Brits verwurg. Volgens Talane het die man toe glo na die huis langsaan, wat leeg staan, gegaan en homself opgehang.
Talane het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en dat ʼn geregtelike doodsondersoek geopen is. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.