Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Steek die vure aan, dis Wêreldbekertyd!

$
0
0
rugbybal-3.jpg

Argieffoto.

Hennie Koortzen

Dié vierjaarlikse toernooi is naas die Olimpiese Spele en die Wêreldbekersokkertoernooi die grootste sportgebeurtenis ter wêreld. Gaan die Bokke vir die derde keer die William Webb Ellis-trofee omhoog hou wanneer dié sportskouspel in September en Oktober in Engeland en Wallis beslis word?

Die Wêreldbekerrugbytoernooi het sy ontstaan in 1987 in Australië en Nieu-Seeland gehad, maar Suid Afrika moes weens politieke uitsluiting dié jaar asook 1991 se toernooi van die kantlyn af dophou. In 1995, op tuisbodem, het die manne in groen en goud egter gewys wat die wêreld gemis het toe die Springbokke in hul eerste toernooi as kampioene gekroon is.

Die suidelike halfrond het die Wêreldbekerrugbytoernooi tot dusver oorheers en Engeland is die enigste land in die noordelike halfrond wat in die afgelope sewe toernooie as kampioen gekroon kon word. Suid-Afrika (1995 en 2007), Nieu-Seeland (1987 en 2011) en Australië (1991 en 1999) is die enigste lande wat die Wêreldbeker meer as een keer kon wen, met Engeland wat in 2003 die kampioen was.

Die toernooi se toeskouergetalle het deurlopend gegroei van net meer as 604 000 in 1987 tot meer as 2,2 miljoen in 2007 in Frankryk. ’n Volle 20 spanne sal vanjaar in Engeland en Wallis uitdraf. Die enigste verandering vanjaar is dat Uruguay vir Rusland vervang. Altesaam 12 van die spanne by vanjaar se toernooi het deurgedring deur in 2011 onder die topdrie in hul groepe te eindig, terwyl die res danksy hul prestasies by kwalifiserende toernooie hul plekke bespreek het.

GROEP A GROEP B GROEP C GROEP D
Australië Suid-Afrika Nieu-Seeland Frankryk
Engeland Samoa Argentinië Ierland
Wallis Japan Tonga Italië
Fidji Skotland Georgië Kanada
Uruguay VSA Namibië Roemenië

Springbokke se wedstrydbepalings

Groepwedstryde

Wanneer? Hoe laat? Teen? Waar?
Saterdag,19 September 17:45 Japan Brightongemeenskap-sentrum
Saterdag,26 September 17:45 Samoa Villa Park, Birmingham
Saterdag,3 Oktober 17:45 Skotland St James Park,Newcastle
Woensdag,7 Oktober 17:45 VSA The Stadium, QueenElizabeth Olympic Park, Londen

Kwarteindrondtes, Halfeindrondtes en Eindrondtes

Wanneer? Hoe laat? Rondte? Waar?
Saterdag,17 Oktober 17:00 Kwarteind 1 Twickenham, Londen
Saterdag,17 Oktober 21:00 Kwarteind 2 Millennium Stadium, Cardiff
Sondag,18 Oktober 17:00 Kwarteind 3 Millennium Stadium,Cardiff
Sondag,18 Oktober 17:00 Kwarteind 4 Twickenham, Londen
Saterdag,24 Oktober 17:00 Halfeind 1 Twickenham, Londen
Sondag,25 Oktober 18:00 Halfeind 2 Twickenham, Londen
Vrydag,
30 Oktober
22:00 Uitspeel – 3de plek The Stadium, QueenElizabeth Olympic Park, Londen
Saterdag,31 Oktober 18:00 Eindstryd Twickenham, Londen

£715 – Die prys van ’n kaartjie vir die eindstryd op Twickenham in Londen. Teen bykans R20 vir ʼn pond, sal jy sowat R14 000 moet opdok! Kaartjiepryse vir die kwarteindrondtes wissel tussen £95 en £250 elk en vir die halfeindrondtes tussen £125 en £515 per kaartjie.

Spanne en skeidsregters

’n Maksimum van 31 spelers per span word toegelaat en die finale groepe moet teen 31 Augustus aan die Internasionale Rugbyraad voorgelê word. Daarna mag spelers slegs as gevolg van beserings vervang word en beseerde spelers mag nie weer na die toernooi terugkeer nie. ’n Ander omstrede reël bepaal dat ’n plaasvervanger wat by ʼn span aansluit, vir 72 uur moet wag voordat hy in ’n wedstryd mag speel.

Suid-Afrika het vanjaar net twee skeidsregters – Craig Joubert en Jaco Peyper – in die groep van 12 skeidsregters wat by die Wêreldbekerrugbytoernooi diens doen. Die wenkbroue het gelig toe drie Franse skeidsregters – Jérome Carcès, Romain Poite en Pascal Gaüzère – die finale paneel gehaal het, omdat minstens twee van hulle die afgelope paar jaar by verskeie omstrede beslissings betrokke was. Nog twee Suid-Afrikaners – Stuart Berry as assistentskeidsregter, en Shaun Veldsman as televisiewedstrydbeampte – sal ook by die toernooi as beamptes werk.

Die drie grootste stadions wat vanjaar gebruik gaan word, is Twickenham in Londen (82 000), Wembley in Londen (90 000) en die Millennium Stadion in Cardiff (74 500). Die kleinste stadion is Sandy Park in Exeter met plek vir slegs 12 500 toeskouers. Die Springbokke speel nie een van hul wedstryde in die uitdunrondtes in een van die drie groot stadions nie en hul wedstryde is vir Brighton, Birmingham en Newcastle geskeduleer, met die uitsondering van die wedstryd teen die VSA wat in die Olimpiese Stadion in Londen gespeel sal word. Australië speel twee van hul wedstryde op Twickenham en een in die Millennium Stadion, terwyl Nieu-Seeland op die Millennium Stadion, Wembley en die Olimpiese Stadion uitdraf.

Die aanspraakmakers

Die Springbokke het ’n redelike maklike pad tot by die uitspeelfase, met wedstryde in die uitdunrondtes teen Japan, Samoa, Skotland en die VSA. Nieu-Seeland se moeilikste kragmeting in die uitdunrondtes gaan waarskynlik teen Argentinië wees, met Australië en Engeland wat in die moeilikste groep ingedeel is. Die Wallabies kom in die uitdunrondtes teen Engeland, Wallis, Fidji en Uruguay te staan. Suid-Afrika se buurland, Namibië, is in Groep C ingedeel en die biltongboere sal teen Nieu-Seeland, Argentinië, Tonga en Georgië op die veld draf.

Die sterkste aanspraakmakers om vanjaar se titel is Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië, Engeland, Ierland en Wallis. Daar sal rekening gehou moet word met die spanne van die noordelike halfrond, omdat hulle die velde en die omstandighede beter ken. Daar was in die Sesnasies-kompetisie bitter min te kies tussen Engeland, Ierland en Wallis, en met al drie spanne wat feitlik dieselfde spelers vir die Wêreldbeker gaan behou, kan verwag word dat hulle alles in die stryd gaan werp om die trofee in een van dié lande te hou.

Van die suidelike halfrond se spanne gaan Suid-Afrika dalk die moeilikste aanpas, want Nieu-Seeland en Australië is beide gewoond aan nat omstandighede en die swaarder en stadiger velde. As die SuperRugby-kompetisie as barometer gebruik word, gaan die Springbokke dalk nie algemeen as gunsteling beskou word nie. Met slegs een span onder die topses in die kompetisie – en daarvoor moet die konferensiestelsel bedank word – het die Suid-Afrikaanse spanne glad nie vanjaar aan die verwagtings voldoen nie. Nieu-Seeland het drie spanne onder die beste ses en vier spanne met meer punte as Suid-Afrika se nommer een – die Stormers – en verlede keer se wenner lyk na die groot gunsteling om hul titel suksesvol te verdedig.

Baie Suid-Afrikaanse ondersteuners het meer vrae as antwoorde aan die vooraand van die Wêreldbekerrugbytoernooi en dit is seker verstaanbaar dat sommige nie te opgewonde is oor die Springbokke se kanse nie. Die mening word gereeld geopper dat van ons spelers se beste dae verby is en dat jonger spelers die afgelope twee jaar meer kanse op internasionale vlak moes gekry het om hul voete te vind en hulself te bewys. Beserings speel ook ’n groot rol en een van die probleme is dat spelers soos Jean de Villiers, Patrick Lambie en Pieter-Steph du Toit nie genoeg speelkans gaan kry om hulle wedstrydfiks te kry voor die toernooi begin nie.

Suid-Afrika beskik egter oor die spelers om enige span op enige dag te klop. Die Springbokondersteuners gaan – soos met elke toets en Wêreldbekerrugbytoernooi – nooit almal saamstem oor spankeuses of spelpatrone nie. Onthou egter dat spelers nie hulself kies nie en dat elkeen wat die groen en goud oor sy kop trek, dit met trots doen!

Dit is nou belangriker as ooit om soos een man agter die Springbokke te staan. Kom ons vat hande en ondersteun ons span soos net ons kan!

  • Hierdie artikel is oorspronklik gepubliseer in Pretoria FM se Vasbyt-tydskrif Winter 2015
  • Lees al ons rugbynuus op Pale Toe!

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!