Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Seksklagtes teen modelbaas: ‘Hulle maak stories op’

$
0
0

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof Foto: ANA

Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, het Woensdag in die hof gesê almal wat teen hom getuig het “lieg en maak stories op”.

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het De Villiers onder kruisverhoor gevra of hy dink die getuies lieg. “Ja, hulle het gelieg en maak net stories op,” het De Villiers gesê. “Ek is die enigste eerlike een.”

Regter Cassim Moosa het De Villiers gevra om kommentaar te lewer op sommige van die getuienis teen hom, wat e-posse waarin De Villiers betrek word by beweerde bedrog van R200 000, insluit. De Villiers het ontken hy het die e-posse geskryf en gesê hulle is deur sy sakevennoot geskryf.

Moosa het De Villiers ook uitgevra oor die emosionele toestand van een van die vroue wat teen hom getuig het. “Sy het toneel gespeel. Ek het al met akteurs gewerk wat net kan huil en dan dadelik weer ophou. Niemand sal kan huil en dan net so ophou soos wat sy het nie,” het De Villiers gesê.

De Villiers staan tereg op aanklagte van seksuele aanrading, verkragting, die besit van kinderpornografie, seksuele gereedmaking van ʼn kind en bedrog. Die verhoor duur voort.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!