
‘n Voorstel van hoe die Mall of Africa gaan lyk wanneer dit klaar gebou is. Foto: Facebook via Mall of Africa
Die Mall of Africa, die grootste winkelsentrum in die suidelike halfrond, open einde April. Dié winkelsentrum spog met verskeie luukse internasionale en plaaslike handelsmerke, restaurante en winkels en beloof ʼn inkopie-ervaring soos min.
Dié winkelsentrum, in die omgewing van Waterfall City in Midrand, spog met ʼn vloeroppervlak van 131 000m² en open amptelik op 28 April sy deure. Die winkelsentrum word ontwikkel deur die Atterbury Eiendomsgroep.
Die argitektoniese voorkoms van die winkelsentrum is geïnspireer deur verskeie geologiese kenmerke en landskappe in Afrika.
Mall of Africa gaan meer as 300 winkels hê om van te kies en te keur, met ʼn groot verskeidenheid plaaslike en internasionale handelsmerke wat ʼn wye gehoor sal trek.
Van die internasionale handelsmerke sluit in H&M, Zara, Hamleys, Cotton On en Forever 21. Gewilde handelsmerke soos Forever New, River Island, Mango en Versace is ook van die winkels waarna inkopiegangers kan uitsien. Behalwe vir klerewinkels, gaan Mall of Africa ook eersteklas vermaak en restaurante bied.
Handelsmerke wat plaaslike voorkom sluit Adidas, Ackermans, Converse, Diesel en Edgars.
Kyk hier na die spesifikasies van die winkelsentrum:
- 40 roltrappe
- 49 hysbakke
- Parkering vir 6 500 motors
- 2.4km vir inkopies
- 9 badkamers
- Meer as 300 winkels
Besoek Mall of Africa se webwerf en Facebook-blad.