Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met die viering van sy verjaardag sy wens vir Suid-Afrika bekend gemaak.
“Ek is dankbaar vir die geskenk van lewe en om die spesiale dag in my lewe te vier. My verjaardagwens is om te sien hoe Suid-Afrika al meer ’n beter plek word vir almal. Ek wens dat ons land sal voortgaan om saam te werk om gemeenskaplike uitdagings die hoof te bied, veral in die moeilike ekonomiese klimaat van werkloosheid, stygende brandstof- en voedselpryse en hoë vlakke van armoede en ongelykheid. Dit is slegs in en deur ons eenheid as Suid-Afrikaners dat ons die huidige uitdagings die hoof sal kan bied en ’n voorspoedige Suid-Afrika bou,” het Zuma gesê.
Zuma vier vandag sy 74ste verjaardag. Volgens die presidensie sal Zuma die spesiale dag saam met sy familie vier.