Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nzimande versoek nuwe ‘Hani-memorandum’

$
0
0
Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Blade Nzimande, algemene sekretaris van die SAKP, het Sondag gesê daar is ʼn behoefte aan ʼn nuwe “Chris Hani-memorandum” vir die ANC, aangesien die party interne konflik binne ʼn politieke storm beleef.

“Ons het ʼn ander Hani-memorandum nodig om hierdie probleme aan te spreek. Die 23ste herdenking [van Hani se moord] kom in ʼn tyd waar ons beweging deur ernstige probleme in die gesig gestaar word. Kom ons wees eerlik hieroor, in die gees van Hani,” het Nzimande by die herdenking van die anti-apartheidsaktivis in Boksburg aan die Oos-Rand gesê.

“Hani se brief was baie spesifiek oor die beweging in daardie stadium. Comrades was nie bang om te sê wat gebeur en wat die probleem is nie, net soos wat ons nou moet doen. Daardie memorandum het uiteindelik tot die waterskeidings- Mogorogoro-konferensie in 1969 gelei.”

Nzimande het gesê wanneer die SAKP iets sê, dan sal kamerade opstaan en noem dat die SAKP dit nie moes sê nie. “Ons is nie ʼn verlengstuk van die ANC nie. Ons is bondgenote. As jy ʼn probleem het met dit wat ons sê, kom praat met ons…. moenie vir ons sê om nie iets daaroor te sê nie,” het hy onder luide applous bygevoeg.

Volgens Nzimande moet die drieparty-alliansie die wortel van die probleem vind en daaraan aandag gee. “Diegene wat versoek dat pres. Jacob Zuma moet bedank, moet hulself vra of dit al die probleme gaan oplos. Ons het ook ʼn korrupte monopolie wat die staat wil oorneem. Daar is ook ʼn poging om ʼn alternatiewe alliansie in die land op te rig. Dit is mense wat ʼn nuwe alliansie wil hê gebaseer op kapitalisme en ʼn oorname van die staat.”

Hy het gesê hulle verwelkom die feit dat die president om verskoning gevra het, maar die verskoning “moet die begin wees van die debat oor hoe ons die rewolusie gaan vorentoe neem”.

Hy doen ʼn beroep op die vakbondfederasie Cosatu om die “korrupte samewerkende kultuur” binne die bedrywe te konfronteer.

Hani en sy mede-aktiviste het in 1969 ʼn brief aan die ANC-leierskap gestuur waarin hulle die probleme aanspreek wat die organisasie in daardie stadium geteister het. Die brief het omstrede bewerings bevat teen ANC-leiers in ballingskap. Die brief, wat as die Hani-memorandum bekendstaan, het besonderhede bevat oor bewerings van korrupsie en voorkeurbehandeling van die families van ANC-leiers in ballingskap. Die brief het tot ʼn ANC-konferensie in Tanzanië gelei.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!