Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tau het nie Zuma se bedanking geëis nie, sê Jhb-ANC

$
0
0
Johannesburgse burgemeester Parks Tau (Foto: joburg.org.za)

Johannesburgse burgemeester Parks Tau (Foto: joburg.org.za)

Die ANC in Johannesburg het ontken dat burgemeester Parks Tau versoek het dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

Die ANC Johannesburg-streek het die “foutiewe berig” deur eNCA “ten sterkste veroordeel” oor bewerings dat Tau ʼn veldtog onder ANC-takke in Johannesburg lei om Zuma se bedanking te eis, het woordvoerder Jolidee Matongo in ʼn verklaring gesê.

“Die streek wil dit graag duidelik stel dat kameraad Tau nie aan die Liliesleaf-tak in die noorde van die stad behoort nie, maar hy is ʼn lid van die Mzala-tak in die suide van Johannesburg. Dit moet ook duidelik gestel word dat die voorsitter by ʼn Liliesleaf-takvergadering nooit versoek het dat die president moet bedank nie, en hy was ook nie betrokke in so ʼn gesprek in sy kapasiteit as uitvoerende burgemeester en leier van die Johannesburgse streek nie,” het Matongo gesê.

eNCA het intussen ʼn regstelling gemaak in sy jongste weergawe van die berig. Daar is egter nie enige verduideliking gebied oor die bron van hul berig nie.

Tau het vroeër vandeesweek ʼn onderhoud toegestaan aan eNCA-verslaggewer Thulasizwe Simelane om oor die stad se prestasie te praat terwyl sy ampstermyn tot ʼn einde kom. Die gesprek het ook gehandel oor die impak daarvan op die komende plaaslike verkiesing.

“Die voorsitter is tydens die onderhoud uitgevra oor gebeure by die parlement, waarop hy dit benadruk het dat die ANC strukture in plek het vir individuele lede en takke om enige besware te opper wat hulle moontlik mag hê. Die Johannesburgse streek is vol vertroue in ons voorsitter as ʼn gedissiplineerde lid van die ANC,” het Matongo bygevoeg.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!