Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

ANC-veterane: ‘Zuma moet waai’

$
0
0

Ronnie Kasrils (tweede van regs) en Zak Yacoob (regs) en verteenwoordigers van verskeie ander organisasies wat almal eis dat pres. Jacob Zuma bedank. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Ronnie Kasrils (tweede van regs) en Zak Yacoob (regs) en verteenwoordigers van verskeie ander organisasies wat almal eis dat pres. Jacob Zuma bedank. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Talle ANC-veterane, wat Cheryl Carolus, Mavuso Msimang en Ronnie Kasrils insluit, het Woensdag by die trappe van die konstitusionele hof bymekaargekom en hul stem gevoeg by die eis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

“Ek is ʼn lojale kader van die ANC. Dit is my organisasie. Dit maak my hartseer om hier te staan, aangesien ek nooit gedink het ek sal bekommerd wees oor my president nie. Gister was ʼn ‘frog in the pot’-oomblik vir baie van ons, toe ons moes aanskou wat van die party geword het,” het Carolus gesê. “Ek doen ʼn beroep op almal en diegene in die ANC om op te staan en te sê ‘genoeg is genoeg’…bedank asseblief president.”

Zak Yacoob, voormalige regter van die konstitusionele hof, het gesê dit is vernederend dat ʼn “voormalige prokureur en nou ʼn politikus” in die Nasionale Vergadering “gelieg het oor wat die grondwethof gesê het”.

“Die hof het dit aan ons oorgelaat om te besluit hoe ernstig die saak is. Ons president het ellendig, oneerlik en verskriklik opgetree. Zuma gaan asseblief,” het Yacoob gesê.

Mavuso Msimang, voorsitter van Corruption Watch, het gesê hy herken nie meer die huidige regerende party nie. “Wat tans gebeur, is ʼn ernstige krisis. Ek hoop nie dis te laat vir die ANC om die president te verwyder nie. Zuma bedank asseblief.”

Die Gautengse ANC provinsiale uitvoerende komitee, onder leiding van voorsitter Paul Mashatile, het ook al hul kritiek gelewer oor die Nkandla-sage en Zuma se hantering daarvan.

Die “mobilisering” om die president sover te kry om te bedank, sal op 16 April begin met ʼn dialoog oor die land se politieke klimaat. “Ons doen ʼn beroep op julle om te praat oor wat fout is met die land en wat gedoen moet word om dit reg te maak. Ons doen ʼn beroep op mense om georganiseerde gesprekke te hou in kerke, dorpe, informele nedersettings en sportklubs oor hoe om te verseker dat Zuma bedank,” het pastoor Moss Ntla van die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika gesê.

Volgens Ntla sal 27 April, Vryheidsdag, die “dag van aksie” wees waar die “vryheid wat Zuma gesteel het, teruggeëis sal word”. Ronald Lamola, voormalige ANC Jeugliga-leier, die akademikus Prince Mashele, die voormalige sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi en Mark Heywood van Section 27, was ook teenwoordig.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!