Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tshwane sal niebetalers ‘streng vervolg’

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane Munisipaliteit sal nou ʼn uiters streng benadering volg om niebetalers te vervolg wat die munisipaliteit gesamentlik ʼn allemintige R6 miljard skuld.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het Woensdag gesê die munisipaliteit sal streng teen inwoners moet optree wat agterstallig is met hul betalings vir munisipale dienste, aangesien dit ná 180 dae al moeiliker raak om geld in te vorder.

“Ons skuldlas trek net oor die R6 miljard. As daardie R6 miljard ʼn begroting vir ʼn munisipaliteit was, sou dit een van die land se toptien munisipaliteite gewees het. Dit is aansienlik meer as die begrotings van sekondêre munisipaliteite. Dit is hoeveel aan ons geskuld word. Daarom sal niebetalers nou streng vervolg word,” het Ramokgopa gesê.

Hy het gesê versuim om ’n munisipale rekening te betaal het ʼn direkte uitwerking op dienslewering. Daarom wil die munisipaliteit meer voorafbetaalde dienste inbring om die reuseskuldlas te verlig.

Die munisipaliteit het Woensdag die Mmogo Re A Gola (Saam groei ons)-program van stapel gestuur, wat deel vorm van die munisipaliteit se veldtog om bewusmaking en onderrig onder inwoners te bewerkstellig om verantwoordelikheid te dra vir die noodsaaklike dienste wat die munisipaliteit aan hulle lewer.

“As ons nie dringend ingryp nie, sal ons skuldlas al meer groei. Die huidige tendens is dat dit klaar groei en aansienlik baie ook. Met die installering van die voorafbetaalde meters kan ons hierdie bedrag skuld aansienlik verminder. Dit is tans ons groot uitdaging,” het Ramokgopa gesê.

“Onthou, ons het ook ons finansiële verpligtinge. Ons koop grootmaat-elektrisiteit by Eskom aan en grootmaat-water by Rand Water. Ons kry dit nie verniet nie. As ons agterstallig raak met ons betalings, kan hulle ons afsny. Ons het klaar by sommige munisipaliteite gesien dat Eskom hulle krag afsny. Dit sal die 3,2 miljoen mense in Tshwane direk raak.”

Ramokgopa het gesê die bou van ontspanningsparke, huise, paaie, vervoerstelsels en klinieke kan slegs ʼn werklikheid word as die munisipaliteit geld in die bank het.

Umar Banda, die munisipaliteit se finansiële hoof, het beklemtoon dat inwoners doelbewus kies om elektrisiteit en water te gebruik en dus nie net kan besluit om nie daarvoor te betaal nie. “Niemand dwing jou om televisie te kyk, te bad of kos te maak nie. Jy moet verantwoordelikheid aanvaar vir die water en elektrisiteit wat jy gebruik,” het hy gesê.

Volgens Banda betaal ongeveer 95% van Tshwane se inwoners wel hul maandelikse rekeninge.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!