Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Valke-baas van meineed aangekla

$
0
0

Johan Booysen

Johan Booysen

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Woensdag bevestig dat ʼn klag van meineed teen die nasionale hoof van die Valke, lt.genl. Berning Ntlemeza, ondersoek word.

Robbie Raburabu, waarnemende woordvoerder van Opod, het gesê die klag is deur die geskorste baas van die Valke in KwaZulu-Natal, maj.genl. Johan Booysen, aanhangig gemaak.

“Die klag [teen Ntlemeza] is [vanaf Booysen] ontvang en hou verband met ʼn litigasiesaak teen genl. Ntlemeza deur genl. Booysen. Opod het die aanklag op 24 Maart 2016 ontvang en sal dit ondersoek soos verwag word,” het Raburabu gesê. Hy wou nie verdere besonderhede oor die aard van Booysen se klag bekendmaak nie

Ntlemeza en die Valke het hulle tot die appèlhof in Bloemfontein gewend om ʼn bevinding deur die hooggeregshof in Durban om te keer dat Ntlemeza vir Booysen moet heraanstel.

Ntlemeza het Booysen geskors nadat hy beweer het dat Booysen en sy span wat die sluipmoord van ʼn polisiebeampte moes ondersoek, onregmatig ʼn geldelike beloning ontvang het vir die doodskiet van ses onskuldige mans. Hy beweer ook dat Booysen valse saaknommers voorgelê het om die beloning te ontvang.

Booysen het egter ontken dat hy die dokument goedgekeur het wat daartoe gelei het dat hy en sy span die beloning ontvang vir die opspoor en doodmaak van supt. Zethembe Chonco se moordenaars. Hy ontken dat hy enigiets te doen gehad het met die toekenning van die beloning.

Regter Anton van Zyl het bevind dat daar geen meriete aan Ntlemeza se bewerings is nie en dat hy geen bewyse kon indien van die bedrog wat hy beweer deur Booysen gepleeg is nie. Hy het Ntlemeza se aansoek om appèl van die hand gewys.

Daar word verneem dat Booysen se klag teen Ntlemeza verband hou met die voorleggings wat Ntlemeza aan die appèlhof gemaak het waarin hy beweer dat Booysen deel was van die proses om maj.genl. Jabulani Zikhali as die hoof van die Valke in KZN aan te stel, hoewel Booysen steeds die pos beklee het.

Booysen beweer hy is nooit gevra om weer vir sy pos aansoek te doen nie en is ook nie weer vir ʼn onderhoud genooi om heraangestel te word nie. Booysen het gesê hy is nooit eens in kennis gestel dat iemand aangestel is om hom te vervang nie.

Ntlemeza het in antwoord op Booysen se verklaring gesê dat sy oorspronklike verklaring net ʼn konsepverklaring was wat per ongeluk geteken en by die hof ingedien is. Hy het erken dat Booysen nie deel van die proses was om iemand in sy plek aan te stel nie, hoewel Booysen wel weer vir sy eie werk aansoek gedoen het, maar nie op die kortlys geplaas en genooi is vir ʼn onderhoud nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!