Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Rhodespark-aanvallers’ weer in hof

$
0
0

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel van ʼn bende was wat twee pare verlede jaar in Rhodespark in Johannesburg aangeval het, het Woensdag vlugtig in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Thabo Nkala, Edmor Ndlovu en Mduduzi Mathibela staan tereg op aanklagte van moord en verkragting. Landdros Lucas van der Schyff het die saak tot 20 April uitgestel aangesien daar steeds gewag word op die direkteur van openbare vervolging om te bepaal of die saak na die hooggeregshof in die stad oorgeplaas sal word of nie.

Maroela Media het vroeër berig twee pare het een Saterdagaand in Oktober 2015 in die Rhodespark gestap toe hulle deur ʼn groep van 12 voorgekeer is. Die verdagtes het die mans glo met hul eie klere vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Die ander vrou kon daarin slaag om te vlug. Albei die mans het verdrink.

Die drie beskuldigdes sal in polisieaanhouding bly tot hul volgende hofverskyning.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!