Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

EgyptAir-kapingsdrama verby

$
0
0
'n Man ontsnap uit die kajuitvenster. Foto: Twitter

‘n Man ontsnap uit die kajuitvenster. Foto: Twitter

Die man wat Dinsdag glo ʼn Airbus A320 van EgyptAir gekaap het met onder andere twee Suid-Afrikaanse priesters aan boord, is in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming volg kort nadat van die mense wat hy as gyselaars aangehou het, uit die vliegtuig kon ontsnap. ʼn Man in uniform kon daarin slaag om uit die vliegtuig se kajuitvenster te ontsnap. Die ander gyselaars het in twee groepe by die vliegtuig se trappe afgeklim.

Nikos Christodoulides, regeringswoordvoerder van Ciprus, het op Twitter bevestig die kaper is in hegtenis geneem en alle passasiers en bemanningslede is veilig.

Sigma TV, ʼn plaaslike uitsaaier, berig die man was nie gewapen nie. Die man is amptelik geïdentifiseer as Seif Eldin Mustafa.

Maroela Media het vroeër berig Nicos Anastasiades, Ciprus se president, het aangekondig die kaping hou nie verband met terrorisme nie.

EgyptAir het in ʼn verklaring bevestig die vliegtuig, ʼn Airbus A320, met 56 passasiers, sewe bemanningslede en ʼn veiligheidswag aan boord, is tydens ʼn binnelandse vlug gekaap. Die MS181-vlug was van Alexandria na Kaïro onderweg, toe die vliegtuig gekaap is.

Die kaper het glo die vlieënier gedreig met ʼn selfmoordbom en opdrag gegee die vliegtuig moet by die Larcana-lughawe in Ciprus land. Die vliegtuig het omstreeks 09:00 by dié lughawe geland.

Die kaping hou glo verband met ʼn huishoudelike geskil en die man wou met sy vervreemde vrou praat, maar dit kon nog nie amptelik bevestig word nie. Nog mediahuise berig die kaper eis glo dat sommige gevangenes vrygelaat word.

Die man het toegelaat dat die meeste mense aan boord die vliegtuig verlaat, terwyl hy met owerhede onderhandel het.

Hossam Kamal, Egipte se minister van burgerlike lugvaart, het tydens ʼn perskonferensie bevestig vier bemanningslede en drie passasiers was uiteindelik saam met hom op die vliegtuig oor. Kamal het geweier om die nasionaliteite van die passasiers bekend te maak.

ʼn 27-jarige man se naam is kort ná die voorval deur Egipte se staatsuitsaaier bekend gemaak, maar moes dit terugtrek nadat dit aan die lig gekom het dat dié man net ʼn passasier was.

Intussen berig EWN dat twee Grieks-Ortodokse priesters van Suid-Afrika aan boord van die vliegtuig was. Aartsbiskop Damaskinos van Johannesburg en Pretoria en biskop Nicodimus Boulaksis was onder die passasiers wat vrygelaat is. Hulle was in Egipte waar Boulaksis Sondag as biskop georden is.

Kamal het gesê ʼn vliegtuig is na die lughawe gestuur om die gestrande passasiers te vervoer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!