Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA kap regering oor Oos-Kaapse polisiereserviste

$
0
0

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die DA het Maandag sy skok uitgespreek oor die provinsiale departement van veiligheid en sekuriteit in die Oos-Kaap se onthulling dat slegs sowat 15% van polisiereserviste in die provinsie vuurwapenbevoegdheidsopleiding ondergaan het.

Bobby Stevenson, skadu-LUR van veiligheid en sekuriteit, het Maandag gesê dit beteken slegs 136 uit 2031 polisiereserviste kan gebruik word vir patrollies. “Enige regering wat ernstig is daaroor om misdaad te bekamp, sou alles in hul vermoë gedoen het om alle moontlike polisiehulpbronne te benut,” het Stevenson gesê.

Volgens Stevenson het Weziwe Tikana, die Oos-Kaapse LUR vir veiligheid en sekuriteit, onlangs in ʼn parlementêre reaksie onthul 1 895 polisiereserviste moet nog hul vuurwapenbevoegdheidsopleiding voltooi. “Reserviste sukkel al twee jaar lank om hierdie noodsaaklike opleiding te ontvang. Mense het onlangs sewe dae kennis gekry om ʼn weeklange opleiding in Graaff-Reinet by te woon. Dit is baie moeilik vir mense wat ook voltyds werk,” het Stevenson gesê.

“Mense moet die keuse kry om in die aande opleiding te ontvang waar geriewe beskikbaar is. Vrywilligers moet behandel word met die respek wat hulle verdien.”

Stevenson het beklemtoon hoë polisiesigbaarheid kan misdaad met tot 40% laat afneem. Daarenteen het vier uit tien huishoudings in die Oos-Kaap in ʼn onlangse opname aangedui hulle het nog nooit ʼn polisiebeampte aan diens in hul woonbuurt gesien nie, het hy gesê.

“Alle beskikbare hulpbronne moet deur die SAPD aangewend word om misdaad effektief te beveg,” het Stevenson gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!