Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Brussel-ontploffings: Dokters gaan traumaberading benodig

$
0
0
Die twee mans links op die foto is vermoedelik dood in die bomaanval op Brussel se lughawe op 22 Maart 2016. (Foto: Belgian Federal Police via AP)

Die twee mans links op die foto is vermoedelik dood in die bomaanval op Brussel se lughawe op 22 Maart 2016. (Foto: Belgian Federal Police via AP)

Staatsaanklaers in België het aangekondig dat nog drie mans in hegtenis geneem is in verband met selfmoordbomontploffings by die lughawe en metrostasie in Brussel.

Beamptes het Saterdag tydens ʼn perskonferensie bevestig dat 24 van die 31 persone wat Dinsdag in die aanvalle dood is, uitgeken is. ʼn Dokter wat in Afghanistan gewerk het, het gesê hy en sy kollegas was geskok oor die brandwonde wat sommige van die 270 persone wat beseer is, opgedoen het.

Federale staatsaanklaers het gesê ʼn man, wat slegs as Faycal C. uitgeken is, is Donderdag in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklag van die “betrokkenheid by ʼn terroristegroep, terreurmoord en poging tot terreurmoord”.

Belgiese media het egter gesê hy is Faycal Cheffou, die man in die ligte baadjie en donker hoed wat op kringtelevisiebeeldmateriaal gesien kan word saam met die twee mans wat hulself by die lughawe opgeblaas het. Cheffou word beskryf as ʼn plaaslike aktivis wat aan die polisie bekend is as iemand wat poog om asielsoekers en hawelose mense tot radikale Islam te bekeer.

Staatsaanklaers wou nie die mediaberigte bevestig nie. ʼn Polisieklopjag is by sy huis uitgevoer, maar daar is geen wapens of springstof gevind nie, het hulle gesê.

Twee ander verdagtes wat Donderdag in hegtenis geneem is, is slegs bekend gemaak as Raba N. en Aboubakar A. Hulle staan tereg op aanklag van “betrokkenheid in die aktiwiteite van ʼn terroristegroep”. ʼn Man genaamd Abderamane A., is Vrydag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes hom by ʼn tramstop in Brussel geskiet het. Hy bly vir ʼn verdere minstens 24 uur in aanhouding.

Die polisie het gesê hulle het Sondag in Italië ʼn Algeriër in hegtenis geneem wat deur owerhede in België gesoek word oor die reisreëlings van onwettige migrante in verband met die aanvalle op 13 November in Parys.

Owerhede is oortuig die aanvalle in Brussel en Parys, waartydens 130 persone gesterf het, is uit België gereël.

Owerhede het Saterdag die dodetal van 31 bevestig, maar bygevoeg die dodetal kan moontlik nog styg, aangesien sommige ledemate nog nie geïdentifiseer is nie.

Ine van Wymersch, staatsaanklaer in Brussel, het aan die Associated Press gesê 24 slagoffers is uitgeken, waarvan 11 uitlanders is. Een was ʼn voormalige Belgiese ambassadeur in Amerika, Andre Adam.

Altesaam 93 van die 270 beseerdes word by ʼn militêre hospitaal in Brussel behandel. ʼn Dokter het Saterdag gesê 15 persone is in die eenheid vir ernstige brandwonde, vyf persone is in die hoësorgeenheid.

Dr. Serge Jennes het gesê hy het soortgelyke beserings tydens sy diens in Kandahar, Afghanistan behandel, maar gesê hy en sy kollegas was geskok om sulke beserings op vroue en kinders te sien. “Ek het tydens my 20 jaar by die sentrum vir brandwonde nog nooit so iets gesien nie,” het Jennes gesê.

Hy het gesê bykans al die beseerdes se oordromme het gebars en hy het bygevoeg sy kollegas gaan waarskynlik na die tyd sielkundige berading benodig om dit wat hulle gesien het, te verwerk.

België se minister van binnelandse sake het inwoners versoek om Sondag nie in solidariteit met die slagoffers deel te neem aan ʼn optog in Brussel nie, aangesien veiligheidsdienste dwarsoor die land versprei is. “Ons verstaan die emosie,” het minister Jan Jambon gesê. “Ons begryp almal wil hul gevoelens uitdruk, maar ons versoek die inwoners om nie aan die optog deel te neem nie.”

Organiseerders het gou aan sy versoek voldoen en die optog uitgestel.

Beamptes by die lughawe het intussen die skade probeer bepaal ná twee ontploffings by Zaventem-lughawe se vertreksaal.

Owerhede het reeds hul ondersoek op die misdaadtoneel afgehandel en ingenieurs is in die gebou toegelaat om die strukturele veiligheid te bepaal.

Brussels-lughawe, wat jaarliks ongeveer 23,5 miljoen passasiers hanteer, het gesê vlugte sal waarskynlik Dinsdag hervat. Ongeveer 600 vlugte word daagliks herlei of gekanselleer.

Lees alle vorige bergite oor die Brussel-aanvalle op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!