Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Politiek glo agter toename in Kaapstad-grondbesetting

$
0
0
'n Informele huis word vernietig (Foto: Adam Armstrong via UrbanAfrica.net)

‘n Informele huis word vernietig (Foto: Adam Armstrong via UrbanAfrica.net)

Die stad Kaapstad het Saterdag gesê politiek lê agter die onlangse skerp toename in grondbesetting in dié stad.

|ʼn Beduidende toename in die aantal pogings om grond te beset is die afgelope twee maande opgemerk, veral oor naweke,” het Benedicta van Minnen, burgemeesterskomiteelid van menslike nedersettings, gesê. “Die stad se anti-grondbesettingseenheid en wetstoepassers is op hoë gereedheid geplaas, veral oor naweke. Hulle monitor soms tot elke twee ure per aand om te verhoed dat onwettige strukture opgerig word.”

Volgens Van Minnen vind die herhaaldelike grondbesettings dwarsoor die stad plaas, insluitend in Dunoon, Retreat, Parkwood, Sir Lowry’s Pass en die Steenbrasdam. “Talle pogings tot grondbesetting vind gelyktydig plaas, en dit striem die stad se hulpbronne,” het sy verduidelik.

Van Minnen het gesê die stad is daagliks betrokke in dienslewering dwarsoor die stad. “Ons is in gesprek met ons inwoners en is aktief in ons gemeenskappe, en daarom verstaan ons die behoefte aan behuising, maar ons kan eenvoudig nie grondbesettings toelaat nie.”

Sy het verduidelik die verspreiding van informele nedersettings weens onwettig grondbesetting, plaas ʼn geweldige druk op die stad se hulpbronne, en die grond wat beset word, word ʼn brand- en vloedgevaar.

“ʼn Groot deel van hierdie grond is nie geskik vir bewoning nie. ʼn Nedersetting wat byvoorbeeld op ʼn stortterrein of in ʼn vleiland opgerig word, beteken dat dienste soos krane, spoeltoilette en elektrisiteit onmoontlik is,” het Van Minnen gesê. “Ander grondbesettings vind op privaat grond plaas. Die stad word verhoed om dienste op privaat grond te lewer, tensy die grondeienaar toestemming gee.”

Sy het gesê in ʼn poging om dienste te lewer, moet hulle dan na nabygeleë stadsgrond kyk om soveel as moontlik dienste daar op te rig, maar dit is nie ʼn volhoubare oplossing nie. “Die onbeplande verspreiding van informele nedersettings is tot nadeel van ons mees kwesbare inwoners. Ons sal dus alles in ons vermoë doen, binne die riglyne van die wet, om grondbesettings te voorkom.”

Van Minnen het gesê hulle is al te bewus van die invloed wat politiek op die toename in pogings tot grondbesetting het, gesien in die lig van die komende munisipale verkiesings. “Ons versoek alle politieke partye om verantwoordelik op te tree en na te dink oor die langtermyn gesondheid en volhoubaarheid van ons stad,” het sy gesê. “Ek hou vol dat diegene wat inwoners maan om onwettig op te tree deur grond te beset, moet verantwoordelikheid neem vir die negatiewe gevolge wat spruit uit onwettige grondbesettings.”

Sy het gesê die stad sal steeds verskeie plekke dwarsoor die metro dophou. Sy doen ook ʼn beroep op privaat grondeienaars om seker te maak dat hulle hul eiendom monitor en die nodige voorsorgmaatreëls tref om die onwettige besetting van grond te voorkom.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!