Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Brussel-aanval: IS aanvaar aanspreeklikheid

$
0
0
Reddingswerkers buite die metrotreinstasie in Brussel ná 'n ontploffing op 22 Maart 2016 (APTN via AP)

Reddingswerkers buite die metrotreinstasie in Brussel ná ‘n ontploffing op 22 Maart 2016 (APTN via AP)

Militante van die Islamitiese Staat is verantwoordelik vir die bomontploffings Dinsdagoggend in Brussel, België, het die ekstremistiese groep se Amaq Agency gesê.

Amaq, een van die groep se multimedia-instansies, het gesê “vegters van die Islamitiese Staat” het in Zaventen-lughawe skote gevuur voor selfmoordgordels afgegaan het. Een van die selfmoordbomplanters het die Maelbeek-metrostasie geteiken.

Die kort verslag, wat eerste op Amaq se Engelstalige webwerf gepubliseer is, beskryf België as “ʼn land wat deelneem in die internasionale koalisie teen die Islamitiese Staat”.

Intussen het die uitvoerende hoof van die lughawe in Brussel gesê die lughawe bly Woensdag ook gesluit.

Die openbarevervoernetwerk het intussen ook weer begin werk. Een tremlyn en 11 buslane het omstreeks 16:30 (plaaslike tyd) weer bedrywighede hervat, het die operateur STIB gesê. Alle ander ondergrondse trein-, trem- en buslane bly gesluit.

België se krisissentrum het intussen gesê persone hoef nie meer binnenshuis te bly nie.

Volgens die krisissentrum is ongeveer 230 persone in die terreuraanvalle by die lughawe en metrostasie beseer, volgens die Belga-nuusagentskap. Minstens 31 persone is dood.

Lees alle vorige berigte oor die Brussel-aanvalle op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!