Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisie vra hulp ná moord op Britse-egpaar in Knysna; name bekend

$
0
0

Die egpaar se groen Isuzu Wizard (soortgelyk as in foto) is tydens die aanval gesteel.

Die egpaar se groen Isuzu Wizard (soortgelyk as in foto) is tydens die aanval gesteel.

Die polisie in Knysna in die Wes-Kaap het die hulp van die publiek gevra in verband met die voorval waarin ʼn 65-jarige Britse vrou vermoor is en haar 67-jarige man ernstig beseer is tydens ʼn aanval die naweek.

Kapt. Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is Sondag omstreeks 10:30 na die huis in Lindsaystraat ontbied. “ʼn Vriendin van die egpaar het hul hondjie in die straat sien rondloop en op hulle afgekom toe sy die hondjie teruggevat het.”

Volgens Steyn is die vrou se lyk in die sitkamer aangetref. Haar keel is oopgesny. Haar man is in ʼn plas bloed in die motorhuis aangetref. Hy het oop wonde aan sy lyf opgedoen en is met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan.
Die Daily Mail het die egpaar geïdentifiseer as Brian en Christine Davis.

“Die aanvaller of aanvallers het met die egpaar se voertuig, ʼn groen Isuzu Wizard met die registrasienommer CAW 80489, van die toneel gevlug. Daar word vermoed dat ʼn televisiestel, twee skootrekenaars en ʼn tabletrekenaar ook gesteel is,” het Steyn gesê.

Die polisie het intussen ʼn foto versprei van hoe die voertuig lyk waarna gesoek word en die publiek gevra om op die uitkyk te wees daarvoor. Mense met inligting kan ao. Reginus Quine by 044 302 6608 of kapt. Visagie by 044 302 6652 bel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621