Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Twee Ikeys-studente sterf

$
0
0

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het sy medelye met die families betuig van twee van sy studente wat die afgelope ruk dood is.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het gesê Madiba Mosimanegape Boyz Madiba, ʼn eerstejaarstudent van Alberton, het Saterdag verdrink tydens ʼn oefensessie saam met die UK-roeiklub by die Misverstanddam.

Volgens Kruger het die span ná afloop van die oefening agtergekom Madiba word vermis. “Die nooddienste, insluitend ʼn duikspan, is ontbied en sy liggaam is later in die water gevind.” Kruger het gesê Madiba was besig met ʼn BSc-graad in astrofisika, chemie en wiskunde.

Kruger het intussen ook die universiteit se medelye betuig met die familie van Sivuyile Nicholas Kolisi, wat in Februarie dood is in ʼn kaping in Gauteng. Kolisi was ʼn ingenieurstudent.

Kolisi is op 6 Maart in Port Alfred in die Oos-Kaap begrawe.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621