Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vakansieganger sterf in fratsongeluk

$
0
0

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Paramedici is Woensdag na ʼn huis in die Illovo-area naby Amanzimtoti ontbied ná berigte van ʼn strukturele ineenstorting.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die liggaam van ʼn man in ʼn buitetoilet gevind. “Volgens ooggetuies was daar ʼn watertenk op die dak van die toilet en het dit weens die afgelope tyd se reën te swaar geraak en die struktuur ineen laat stort.”

Volgens Botha het paramedici die man se liggaam verwyder nadat polisiebeamptes die toneel afgesper en ʼn voorlopige ondersoek gedoen het. Botha het gesê die man is glo van Benoni en dat hy met vakansie was ten tyde van die voorval.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621