Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA eis óók ondersoek oor Stellenbosch-‘rassisme’

$
0
0
'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag by die ANC aangesluit om te eis dat ‘n ondersoek oor bewerings van rassisme by Universiteit Stellenbosch gedoen word, ná ‘n dokumentêr, Luister, uitgereik is.

“Die rasse-spanning by US, soos blootgestel in die dokumentêr, kan nie onder die mat ingevee word nie,” het Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, gesê. “Ons stem gevolglik in dat ‘n ondersoek oor die saak ingestel word om die feite te bepaal en om die nodige stappe te doen om die situasie te beredder.”

Maroela Media het vroeër berig oor die 34-minuut lange video genaamd “Luister” wat op 20 Augustus op YouTube gelaai is. In die video praat 32 swart studente van die US en die Elsenburg-landboukollege terwyl ʼn dosent hulle uitvra oor hul ervarings by die universiteit. Die studente vertel in die video van rassistiese gedrag teenoor hulle by die instansie waar die dominante onderrigtaal Afrikaans is.

Die dokumentêr is sedertdien reeds meer as 85 000 keer gekyk.

Die ANC het vroeër gesê hulle verwag dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die portefeuljekomitee vir hoër onderrig dringend die bewerings sal ondersoek en met al die relevante partye sal vergader.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!