Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Betogers maak amok in Mokopane

$
0
0
Mokopane se strate. Foto: SAPD

Mokopane se strate. Foto: SAPD

Verskeie strate om die munisipale kantore in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo moes Dinsdag vir verkeer gesluit word nadat munisipale werkers die paaie met rommel, voertuie en brandende bande versper het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die werkers het glo ook die burgemeester en ʼn raadslid se huis beskadig. Die ontstoke betogers het na die munisipale kantoor opgeruk en openbareorde-polisiebeamptes moes van rubberkoeëls gebruik maak om die betogers te verdryf.

“Die munisipale kantore is gesluit en beamptes kan nie tans diens aan die publiek lewer nie,” het Otto gesê. Die werkers is glo ontevrede oor arbeidskwessies, waaronder salarisse.

Die polisie ondersoek twee sake van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die openbareorde-polisie monitor die situasie.

Motoriste wat gebruik maak van die R101 word aangeraai om die N1-snelweg te gebruik.

Mokopane se strate. Foto: SAPD Mokopane se strate. Foto: SAPD Rommel buite 'n raadslid se huis. Foto: SAPD

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!