Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Tokai-moord: Nog ʼn verdagte vas; ouers praat

$
0
0

Andreas en Shireen saam met Franziska

Andreas en Shireen saam met Franziska

Die polisie het bevestig dat ʼn vierde verdagte in hegtenis geneem is in die ondersoek na die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die drie verdagtes wat Dinsdagaand in hegtenis geneem is, sal Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van moord en nie Donderdag soos vroeër berig nie.

Hy het intussen ook bevestig dat ʼn vierde verdagte in hegtenis geneem is en dat hy ook Vrydag in die hof sal verskyn. Dié verdagte sal teregstaan op ’n klag van die besit van vermeende gesteelde goedere wat met die saak verband hou.

Andreas en Shireen Blöchliger, Franziska se ouers, het intussen in ’n onderhoud met eNuus gesê hul dogter is verkrag (die video volg onderaan die berig).

Franziska is Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor. Die gr. 10-leerder het saam met haar ma en suster en die gesin se hond in die Tokai-woud gaan stap. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verder aan weer ontmoet het. Haar ma het bekommerd geraak toe sy ná ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en het hulp ontbied.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images