Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tokai-moord: Pa kry oproep van dogter se foon

$
0
0

Franziska en haar pa Andreas

Franziska en haar pa Andreas

Die 16-jarige meisie wat Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor is, se naam is bekend.

Thomas Knemeyer, ʼn raadslid van die Constantia Waldorf-skool, het bevestig Franziska Blöchliger was ʼn gr. 10-leerling aan die skool. “Sy was ʼn skaam teruggetrokke meisie. Sy was vriendelik,” het Knemeyer gesê. Volgens hom is daar Dinsdagoggend ʼn roudiens by die skool gehou. “Ons gaan ook vanaand ʼn optog hou in solidariteit. Mense van die gemeenskap gaan saamkom. Tokai-woud is ʼn gewilde plek waar mense stap en draf.”

Volgens Knemeyer, wat by Franziska se ouers was toe Maroela Media met hom gepraat het, het Franziska se pa, Andreas, Maandag omstreeks 17:00 ʼn oproep van sy dogter se foon af ontvang. “Hy kon iemand anders se stem hoor. Ons vermoed dit was moontlik die persoon wat haar vermoor het. Die foon is ons grootste hoop dat die polisie die skuldige sal vastrek.

Maroela Media het vroeër berig dat Franziska Maandagmiddag saam met haar ma en suster met die gesin se hond in Tokai gaan stap het. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verder aan weer ontmoet. Haar ma het bekommerd geraak toe sy na ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en alarm gemaak. Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se lyk is Maandag omstreeks 18:15 in Dennedalweg gevind. “Ons vermoed sy is verwurg.”

Knemeyer het gesê Andreas is van Switserse afkoms en sy vrou, Shireen, van Russiese afkoms. “Hulle het dubbele burgerskap en is ʼn baie groot familie. Die moord op Franziska raak baie mense.”

Maroela Media verneem die gesin woon in Muizenberg en dat Andreas en Shireen ʼn gastehuis in Kalkbaai besit en bedryf.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!