Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Viëtnam wil mites oor renosterhoring kelder

$
0
0
Hoàng Trung Hải, die adjunk- eerste minister van Viëtnam, en adjunkpresident Cyril Ramaphosa, Foto: GCIS

Hoàng Trung Hải, die adjunk- eerste minister van Viëtnam, en adjunkpresident Cyril Ramaphosa, Foto: GCIS

Hoàng Trung Hải, die adjunk- eerste minister van Viëtnam, het Dinsdag tydens ʼn ontmoeting in Kaapstad met adjunkpresident Cyril Ramaphosa onderneem om voort te gaan met pogings om die onwettige handel in renosterhoring te beveg.

Buiten die onwettige handel in renosterhoring het hulle onder meer ook politieke en ekonomiese betrekkinge tussen die twee lande bespreek.

Viëtnam is een van die bestemmings vir gestroopte renosterhoring omdat talle inwoners glo dit het mediese eienskappe, al is dié mite al deur wetenskaplikes verkeerd bewys.

Hải het tydens die ontmoeting gesê ʼn nasionale bewusmakingsveldtog sal daartoe kan bydra om dié mites te kelder.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621