Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pa glo 8-jarige se dood ‘was nie ongeluk’

$
0
0
Nadia Bond. Foto: Facebook

Nadia Bond. Foto: Facebook

Die pa van die agtjarige dogtertjie van Kraaifontein in die Wes-Kaap, wat in September verlede jaar deur ʼn beweerde dronkbestuurder doodgery is, het Donderdag gesê hy is vas oortuig sy dogter se dood was nie werklik ʼn ongeluk nie.

Nadia Bond is die middag van 18 September in ʼn straat naby haar huis deur ʼn motor raakgery. Ooggetuies het ten tyde van die voorval vertel die slag toe die motor die klein dogtertjie getref het, het geklink soos twee motors wat bots. Die bestuurder van die motor het Nadia glo in die motor gelaai en met haar na ʼn daghospitaal gejaag. Sy is later na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas, waar sy aan haar veelvuldige beserings beswyk het.

Bradley Gysman (22) is kort daarna in verband met die voorval in hegtenis geneem en op borgtog van R2 000 vrygelaat. Bloedtoetse het glo gewys hy was tydens die ongeluk onder die invloed van alkohol.

John, Nadia se pa, het Donderdag verskeie bewerings aan Maroela Media gemaak, onder meer dat die gesin die beskuldigde ken en dat hy al vantevore in hegtenis geneem is. Die klagte is toe glo teruggetrek.

John Bond met sy dogter, Nadia. Foto: Facebook

John Bond met sy dogter, Nadia. Foto: Facebook

John het gesê hy glo die beskuldigde dra steeds ʼn wrok oor dié voorval. Hy het gesê hy verneem die dossier oor die saak is intussen na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verwys wat nou die verklarings en bewyse sal bestudeer. “Ek het geen idee wat in daardie dossier staan nie. Dit word glad nie met ons bespreek nie,” het John gesê.

“Ek verwag ons sal ʼn afskrif van die dossier ontvang of dat die inhoud daarvan met ons bespreek sal word, sodra die NVG klaar is met die dossier. Indien dit nie gebeur nie, sal ek beslis verdere stappe doen,” het hy vasbeslote gesê.

“Ek het nie meer trane oor nie. Ek is emosioneel gedreineer en gefrustreerd. Ek sal nie geïntimideer word om net te aanvaar ‘wat nie verander kan word nie’. Ek sal die manier verander waarop die slagoffers van misdaad in hierdie land behandel word; nie net vir my dogter nie, maar vir elke onskuldige kind en elke familie wat geïgnoreer word omdat ons nie bekend of ryk is nie.”

Gysman sal op 30 Maart weer in die hof verskyn. Hy is steeds uit op borgtog.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!