Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Rob dood na diereorganisasies glo hulp weier

$
0
0

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Beseerde rob wat Sondag op ʼn strand in Richardsbaai gevind is, is ondanks verskeie pogings om sy lewe te red, deur die nag dood.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ʼn verklaring gesê die instituut is omstreeks 15:30 in kennis gestel van ʼn rob wat op die 5 Mile-strand lê. Omstanders het gesê hulle kon ondanks verskeie versoeke vir hulp aan dierereddingsorganisasies geen hulp van hulle kry nie en het daarom die NSRI genader.

Die NSRI het vrywilligers na die toneel gestuur waar die Kaapse pelsrob op die strand gevind is. Robbe kom nie normaalweg in Richardsbaai voor nie en die rob wat op die strand gevind was, was ontwater en verkluim. “Die NSRI het weereens probeer om ondersteuning by plaaslike diereorganisasies en veeartse te kry, maar alle pogings het misluk,” het die instituut gesê.

Die NSRI-vrywilligers kon uiteindelik daarin slaag om uShaka Marine World in Durban te kontak, wat ingestem het om die rob te behandel. Die rob is in komberse toegedraai en agterop die bakkie van ʼn vrywilliger gelaai wat die 200km-reis na Durban aangepak het.

Veeartse by uShaka Marine World het bevestig dat die rob ontwater en verkluim was en het die rob formulemelk gevoer en ‘n verwarmingsproses begin. Ten spyte van hul beste pogings, is die rob deur die nag dood.

Volgens die NSRI is dit nie duidelik waarom die rob so ver noord in die see was, waar robbe gewoonlik nie gevind word nie.

Foto: NSRI Foto: NSRI Foto: NSRI

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!